
=====================================================================
'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word'

    In 'n gesprek met Hannelie Booyens oor sy jongste boek openbaar Chris Barnard van sy skryfgeheime. CHRIS BARNARD se bydrae tot die 
Afrikaanse letterkunde is monumentaal in omvang en veelsydigheid. Sy vrugbare pen het alles onder die son opgelewer -- van jeugdige 
eksperimente in posie vier dekades gelede tot romans, novelles, rubrieke, jeugverhale, kortverhale, draaiboeke en radiodramas.

Al wat vir hom oorbly om te doen is om 'n kuberboek te skryf, terg die veteraanrolprentmaker Katinka Heyns haar wederhelf.

Hoewel hy deesdae meer geroem word vir sy draaiboeke (Die storie van Klara Viljee, Fiela se Kind en Paljas) en hy hom deeltyds besig hou 
met die skryf van televisiedramas, bly sy groot ideaal nog altyd om 'n goeie roman te skryf.

Vir sy twee vorige romans, Mahala en Moerland, het Barnard verskeie pryse ontvang. Hy is twee keer (vir Mahala en sy drama-oeuvre) met die 
Hertzog-prys bekroon. 'n Nuwe roman, Boendoe, het onlangs, kort duskant sy sestigste verjaarsdag, verskyn.

Die lang stiltes tussen sy boeke skryf hy toe aan sy betrokkenheid by die filmbedryf. "Toe ek begin publiseer het, was daar ten minste elke 
jaar 'n boek. Soms selfs twee. Na ek met Katinka getrou en in die filmbedryf betrokke geraak het, het baie van my tyd daarin gegaan -- nie 
omdat ek nie 'n behoefte gehad het om ander dinge te skryf nie. Mense praat altyd van die lang stilte tussen Mahala (1971) en Moerland 
(1992), maar daar het darem baie tussenin gebeur. Ek het in daardie tyd drie of vier jeugverhale gepubliseer en 'n hele paar draaiboeke 
geskryf."

Na byna veertig jaar se woeker met die pen voel Barnard hom steeds nie 'n natuurlike skrywer nie. "Ek werk baie stadig. Ek kan gewoonlik 
nie na 'n volgende sin toe beweeg as die vorige nie presies reg is nie. Ek dink ek het 'n stadige brein."

Met die skryf van draaiboeke het hy baie waardevolle ervaring in die skryf van dialoog opgedoen, s Barnard. "Dit het my geleer om dialoog 
baie ekonomies te gebruik." Sy verwerking van Fiela se Kind (deur Dalene Matthee) vir film was veral 'n goeie leerskool. "Ek moes die boek 
aansienlik sny om in die negentig minute van die film te pas. Toe ek die boek uitmekaarhaal, sien ek hoe goed dit aanmekaargesit is."

Hy verkies om romans te skryf omdat hy meer in beheer voel as wanneer hy vir televisie of film skryf. Hy meen 'n roman het 'n manier om 'n 
eie lewe te ontwikkel.

Die enigste deurlopende tema in sy drie romans is die warm, tropiese, afgesonderde landskappe waarin dit afspeel, s Barnard. Di 
ooreenkoms skryf hy toe aan die indruk wat die landskap van sy kinderjare op hom gemaak het. (Hy het in 1994 'n sitrusplaas in die omgewing 
van Nelspruit aangeskaf naby die plaas waar hy grootgeword het. Deesdae is hy meer boer as skrywer, s hy.)

"Boendoe het 'n baie leesbaarder, eenvoudiger storielyn as Mahala. Met Boendoe is ek daarop uit om die leser se aandag te hou. Met Mahala 
het ek destyds ges te hel daarmee -- ek doen my eie ding."

Mahala is geskryf in 'n tyd waarin 'n verstaanbare boek as 'n swak boek beskou is. "Dit moes onverstaanbaar wees om ernstig opgeneem te 
word. Daar is deesdae gelukkig meer plek vir alle soorte skrywers."

Die feit dat hy vandag nog in dieselfde asem genoem word as ander Sestigers, irriteer hom onskynlik. "Daar is 'n algemene opvatting dat 
daardie klomp Sestigers mekaar sit en warm broei het en mekaar vreeslik benvloed het. Dis 'n heeltemal verkeerde indruk. Al waaroor ons 
saamgestem het, was dat die Afrikaanse letterkunde in 'n doodloopstraat was. Ons moes 'n nuwe koers inslaan -- toe kies elkeen sy eie 
koers."

Die nuwe boek is 'n "verhaal tuis in Afrika, oor mense ontuis in die wreld", aldus die klapteks. "Dit gaan oor daardie groot tree wat die 
mens probeer gee van die donker na die lig toe. Oor die Skepping as wildernis -- min of meer so iets," s Barnard in 'n onderhoud in Beeld. 
Boendoe handel ook oor die spanning tussen Westerlinge en swart Afrikane, en op 'n dieper vlak tussen die wetenskap en die magiese.

Die hoofkarakter, Brand, mymer op 'n keer s oor die verskille tussen hom en sy swart assistent: "Ons (was) albei nog steeds die slagoffers 
van die samelewing waarin ons grootgeword het en waarin swart mense en wit mense weerskante van 'n onsigbare muur met mekaar moes saamleef, 
soos visse in dieselfde vywer maar deur glas geskei. Dit was baie meer diepgaande as 'n taalprobleem of oppervlakkige vooroordeel -- dit 
was 'n blinde aanvaarding dat die ander een anders dink, anders voel, anders ervaar, anders is."

Glo die skrywer dat di verskille oorbrugbaar is? "Ek dink nie my geslag gaan dit maklik te bowe kom nie. My seun Simon het 'n beter kans. 
Hy word groot in 'n tyd waarin dit normaal is om alles saam met swart maats te doen. Die kloof is kleiner."

Hoewel hy naas Engels ook Zoeloe en 'n klein bietjie Frans magtig is, het hy nog nooit in 'n ander taal geskryf nie -- met die uitsondering 
van Boendoe, spot hy oor die baie Engelse dialoog in die boek. "Ek is tuis in Afrikaans. Ek voel dat enigiets wat ek ooit sal wil s, in 
Afrikaans ges kan word. Die voordeel van Engels sou wees as jy 'n groter gehoor kan h, maar sekere nuanses sal verlore gaan. My 
instrument is Afrikaans en ek verruil dit nie graag vir 'n geleende instrument nie."

Hy sou graag wou h dat Boendoe vertaal word, "maar die skinderstorie in die gange beweer as jy nie klaar 'n internasionale reputasie het 
nie, is die drie vrae van buitelandse uitgewers deesdae: is die skrywer jonk, 'n vrou en is sy sexy. Ek voldoen nie aan een van die 
vereistes nie."

Barnard lees graag ander Afrikaanse skrywers se werk, hoewel hy sukkel om by te hou. "Ek is verslaaf aan my daaglikse koerant (Beeld). Ek 
lees Rapport en kom sleg klaar sonder Insig. Ek lees De Kat en die Stigting vir Afrikaans se tydskrif en alles wat Landbouweekblad oor 
subtropiese vrugte te beduie het -- en dis maar min."

Die gebruik van die Internet kan Afrikaans se oorlewing 'n hupstoot gee, meen Barnard. "Ek gebruik self die Internet. Nou die dag nog moes 
mense van die diep platteland af stad toe ry of 'n posorder gaan uitneem om 'n Afrikaanse boek of tydskrif te bestel. Die Internet is die 
nuwe dorpsmark. Dis vir enige taal 'n aanwins en 'n genade."

Die groot bedreiging vir Afrikaans is volgens Barnard dat dit sy amptelike funksie ontneem is en besig is om as onderrigmedium te verdwyn. 
"Dit is baie naef om te dink Afrikaans sal bly voortbestaan slegs deur die letterkunde. Dit is die begin van die einde. Ek was na 1994 
aanvanklik optimisties dat Afrikaans nie in gevaar is nie, maar nou is ek nie meer so seker nie.

"Ek is ook nie naef nie. As dit onmoontlik begin word om jou kinders moedertaalonderrig te gee, sal daar oor twee of drie geslagte nie 
meer kinders wees wat Afrikaans lees nie. Dis wanneer ek die gesindheid van die gemiddelde horskoolkind sien dat ek moedeloos word. Dis 
vir hulle net nie belangrik nie, en hulle dink in alle geval hulle sal verder kom met Engels.

"Die geslag Afrikaners wat na my kom, stuur reeds hul kinders na Engelse skole toe, en jy hoef dit net vyftig jaar te doen dan is daar 
niemand meer wat daardie taal praat nie, al skryf ons die wonderlikste boeke ter wreld."

Is die beskerming van een taal werklik so belangrik, speel ek duiwelsadvokaat. Maak dit enige verskil in watter taal mense kommunikeer? 
"Ja, wanneer dit my taal is wat op die spel is, maak dit die hele verskil," verklaar Barnard pront voor ons groet. Naskrif         Terwyl 
ons saam die uitsig oor die Hartbeespoortdam bewonder by die egpaar se huis in Kosmos, vra Heyns of ek weet dat Barnard die eerste uitgewer 
van Breyten Breytenbach se gedigte was. "Darem nie die uitgewer nie," skerm Chris. "Op universiteit het ek in die jaarblad 'n gedig gesien 
van 'n ou met die naam Breyten Breytenbach. Toe ek Parys toe gaan, s Jan Rabie vir my daar bly 'n ander seuntjie daar met die naam Breyten 
Breytenbach, gaan kuier vir hom. Ek spoor hom toe op waar hy hom besig hou met skilder. Hy het nie sy gedigte vir mense gewys nie, omdat 
daar niemand in Parys was wat Afrikaans kon verstaan nie. Die goed wat hy geskryf het, was onder sy matras of bo-op 'n kas iewers 
weggesteek. Ek het dit uitgegrawe en een vir een afgestof. Partykeer het hy by my aangekom met nog 'n gedig of twee. Ek het dit uitgesoek 
en vir Bartho Smit gestuur, wat getelegrafeer het om te s hy publiseer dit onmiddellik. Dit was al die gedigte wat in Die ysterkoei moet 
sweet in 1964 verskyn het." Hannelie Booyens is 'n redaksielid van Beeld.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6310.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

